About Yourcity      Home      Services     Current Newsletter     Old Newsletter     Old Newspaper     Contact Us

WHAT'S IN A NAME?



To take advantage of this special   [click here]

011001011010001010101100

 

It is a 'cut and dried' matter.  The city's municipality, previously known as Klerksdorp Municipality, will forthwith be called Matlosana.  There have also been a number of changes in road and street names, all of which fall within the jurisdictional boundaries of the Council.  For some, these changes mean an exciting future, while for others, it brings back a pang of nostalgia, but nevertheless, the decision is final, and the changes are currently taking place.

[Read More]

Die Roos is weer terug in die Roosfees

 

In 'n poging om die Roosfees, wat vir 'n paar jaar nie plaasgevind het nie, te laat herleef, word die Roos weer terug gesit in die ABI Roosfees Mardi Gras wat in Stilfontein plaasvind op die 28ste en 29ste Oktober.  Dit word gedoen deur 'n Guinness World Rekord poging aan te pak waar gepoog gaan word om soveel as moontlik benaamde varieteite onder een dak te plaas.  Dit gaan 'n skouspel wees!  Tans is daar nog geen so rekord op die Guinness boeke nie.

 Die roos is vir eeue al 'n belangrike simbool.  Waarskynlik 'n inboorling van die noordelike halfrond, waar die kweek van rose waarskynlik so lank as 5,000 jaar gelede al in Sjina en wat vandag as Pakistan bekendstaan, begin het. 

[Read More]

MEC YAWA TURNS SOD FOR R18,3 MILLION PROJECT

 

North West MEC for Public Works, the Honourable Howard Yawa, turned the sod for the commencement of an R18,3 million project in Jouberton, on Tuesday 4 October.

The Secure Care Centre for youth in conflict with the law, consists of a youth court, workshops for rehabilitation, a computer room, an administration block, a clinic and an on-site police station.

On completion, the facility will cater for 60 youths - 40 males and 20 females, and alleviate juvenile overcrowding in prisons.

[Read More]

Enigste Amptelike Transport Museum Van Die Noordwes Provinsie

 

Deur Johan Marais

 Hoeveel van die KOSH gebied se inwoners is bewus van die enigste amptelike transport museum van die Noordwes provinsie hier in Klerksdorp? Geleë oorkant Dawkinsville by die ou goedereloodse van die Spoorweë is hierdie projek al vêr op dreef.

 Die komitee wat hierdie toeriste-aantreklikheid gaan laat pronk bestaan uit 'n toegewyde groep indiwidue. Hulle primêre taak is om die fondse wat die Noordwes Departement van Sport, Kuns en Kultuur jaarliks skenk optimaal te benut vir die ontwikkeling en restourasie hiervan.

[Go to Page]

POTCH TRIO speel in REKTORSKONSERT

 

Die sanggroep, Potch Trio, sal op Donderdag 27 Oktober 2005, om 19:30 in die eerste jaarlikse Rektorskonsert in die Konservatoriumsaal, Vanderhoffweg, optree. Hierdie konsert word aangebied namens Prof. Annette Combrink, kampusrektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.

Die groep is in die laat-tagtigerjare by die voormalige Potchefstroomse Universiteit gestig deur Piet Koornhof (viool), Human Coetzee (tjello) en Albie van Schalkwyk (klavier). Hulle program vir hierdie konsert sluit in Haydn se C majeur trio, die Arensky D mineur trio, en Ravel se monumentale klaviertrio.

[Go to Page]

NUWE KUNSVORM

 

Rita de Wet is terug na 'n heerlike vakansie in Nederland, en sy het die nuutste papiervoukuns daar gaan bestudeer. Sy bied op Saterdag, 22 Oktober, 'n werkswinkel aan, in 'foto-vou' tegnieke. Hierdie kunsvorm is veral gemik op diegene wat handgemaakte kaartjies en plakboekkuns geniet. Die werkswinkel kos R65-00. Skakel Elize vir besprekings by 018 462 4797.

[Read more]

Reinette Labuschagne Presteer

Reinette Labuschagne het tydens die Suid Afrikaanse Kampioenskappe, algeheel eerste plek verower in vlak 8 onder 13, alhoewel sy tans net 11 jaar oud is. Sy ontvang ook 3 silver en 1 goue medaljes op die verskillende apparate.Sy word afgerig deur Russiese afrigter Tatiana Lavrenchouk Vizer, by die Klerksdorp Gimnastiek skool.  Sy is ook gekies vir die Noordwes span wat aan die 3de SA spele in Durban  deelgeneem het, en daar behaal die span algeheel 1ste plek!
                                                                                 [Read More]

HUIZEMARK SPOG OPNUUT IN BUFFELSDOORN

 

Huizemark Klerksdorp het tydens 'n gesellige kaas en wyngeleentheid op 5 Oktober, hulle nuwe korporatiewe beeld en perseel bekend gestel in Buffelsdoornweg. Hierdie eiendomagentskap bestaan landwyd al sedert 1954. Rolene van der Walt is die prinsipale van die Klerksdorp-, Potchefstroom- en Parys takke, en spog sy met rede oor hulle puik kliëntediens.

Bryan Robinson, Huizemark se Nasionale Opleidingsbestuurder, sê dat Rolene en haar bekwame span agente gekenmerk word deur hoë morele waardes en gehaltediens aan kliënte in die eiendomsindustrie.

[Go to page]

North West School of Design

 

Klerksdorp  “Versace and Dolce and Gabana” stand back!  The NWSD is hosting their Annual Graduation Fashion Show on  29 October.  Over 100 designs will grace the catwalk that evening. 

The Fashion Show serves as the Showpiece of the Design School, whereby their student designers show their exquisite ranges to the public. The venue for this function is the Barnyard Theatre at the Tusk Rio Resort.  Contact Charles on (018) 462 5149 to book tickets for this event of a lifetime.Tickets cost R40 per person.

[Go to page]

Biker Troue

 

Tanya en Des van der Merwe het die tradisionele troue geruil vir 'n eg “Biker”-troue, en is op Saterdag, 10 September in die huwelik bevestig.

[Read More]

NW POWERADE DRAGONS WON GRIQUAS CONVINCINGLY

   

 Werner Coetzee in the first innings and Mohammed Akoojee in the second innings, scored a maiden century for the team.  With the first innings score on 381/9, the Dragons could control the game. Driaan Steyn and Jaun le Roux both scored a half century during the first innings of the game.  Jaco Campher did very well with his bowling spell and took 3 wickets for the Dragons with his debut match.  With the Griqualand West second innings Goolam Bayat took 3 quick wickets with the new ball.  Griquas was bowled out in less than two sessions (40 overs).

[Read More]

TWO ST CONRAD'S LEARNERS PART OF THE SA SCHOOLS TEAM

   

Christy-Leigh Lategan and Melissa Alberts, have been selected to represent the South African schools team in the Pan Pacific Schools Championship. This prestigious gala is held every four years, and will be held in Australia in November this year.

[Read More]

Kultuur – prysuitdeling

 

Hoërskool Klerksdorp het die afgelope week sy sport- en kultuurprysuitdeling gehou, en die volgende hooftoekennings gemaak.

Danie Kritzinger ontvang sy toekenning as 'KHS'er van die Jaar' vir sy insette op die gebied van Leierskap (hoofseun), Akademie (dux-leerling en wenner van 'n Ou Mutual beurs), Sport (tennis) en Kultuur (erelid van Jeugorkes, Simfonia Juventi en wenner van die Erasmus-trofee).

[Read More]