Top
   Pages 1 2 3 4 5 6 7 8

 
 

 

 

Krieket uit die boonste rakke in Potch

Die wedstryd tussen die Warriors en die Highveld Lions was sekerlik die wedstryd van die jaar.

Die Warriors het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Op ‘n harde blad vir kolwers, het die Warriors hulle eerste paaltjie in die eerste beurt verloor met hul total op 3.

Arno Jacobs het met ‘n skitterende kolfbeurt vorendag gekom, nadat H.D Ackerman ‘n vangskoot verbrou het in die glippe met  A  Jacobs se total op 1, hy is weer op 90 ‘n kans gegee en het sy hondertal bereik met net 105 balle.

Tyron Henderson en Mark Boucher het onderskeidelik (69 van 67) en (42 van 50) aangeteken om te help dat die Warriors by die groot total van 304/7 testaan kom in hul toegelate 45 beurte.

Die Lions het ‘n stewige openings vennootskap van 83 lopies aangeteken. Maar toe die paaltjie van Steven Cook op 32 lopies verloor. Adam Bacher en H.D Ackerman het’n 3rde paaltjie vennootskap van 169 lopies aangeteken, waarna Ackerman op 75 van 62 balle gevang is. Bacher het deurgedruk en ‘n manjifieke 158 n.u.n van 138 balle aangeteken en ook sy persoonlik beste van 140 lopies teen NW ‘96/97 verbeter.

Neil Mckenzie het ook ‘n goeie 29 van 20 balle aangeteken.  Bacher se kolfbeurt het die uitslag van die wedstryd bepaal.  Die Lions het die wedstryd met 8 paaltjies gewen.  Man of the match was Adam Bacher met 158 van 138 balle.

Die volgende wedstryd vind Sondag op SEDGARS PARK teen die Goodyear Eagles plaas.

Back to Top

Gebore om hokkie te speel

Die eerste keer dat Cindy-Lee Jansen aan ‘n hokkiestok gevat het, was op die ouderdom van veertien, nadat sy nie geslaag het om die eerste span netbal te haal nie.

Slegs ‘n jaar nadat sy begin het om hokkie te speel is sy verkies om in die skool se eerste span aandreeks te speel. In dieselfde jaar is sy ook gekies om in die eerste span se dagreeks vir die volgende jaar te verteenwoordig.

In 2003 het sy in beide die dag en aandreeks van Hoërskool Schoonspruit se eerste span gespeel. Vanjaar het sy ook weer vir die eerste span gespeel en is al reeds verkies vir volgende jaar se eerste span. Sy het ook in 2003 en 2004 gekwalifiseer vir Noordwes proewe o/19 en was vanjaar gekies om in die Bokkie week tespeel waar sy haar Westransvaal kleure in o/19 behaal het.

Onder die afrigting van Juf. Heymans en die hulp van afrigter Mev. Moller het sy haar beste spelpeil bereik en is onlangs aangewys as Hoërskool Schoonspruit se senior hokkie speler – beste vordering 2004.

Dit is ‘n dame wat baie potensial toon en hopelik sien ons haar in die SA span in die toekoms

Back to Top
 

 
Yourcity Sportman en Sportvrou van die maand
 
 

Back to Top