| Top | |||
|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
|
||
|
|
|
||
|
Ek stel graag aan jou voor Ben-G, sanger, musikant en liedjieskrywer. Op die vroeë ouderdom van 9 jaar maak hy sy debuut op die verhoog met Clive Bruce as gaskunstenaar. Op 16-jarige ouderdom begin hy sy solo-loopbaan as sanger en liedjieskrywer. Op twintigjarige ouderdom besluit hy om sy vlerke te sprei en skrop nes in Potchefstroom. Op sy een en twintigste verjaarsdag trek hy balansstaat van sy lewe op en besef dat hy niks anders wil doen as musiekmaak nie. Hy besluit daar en dan om hom ernstig op sy sang- en musiekloopbaan toe te spits. Intussen het hy volstoom voortgegaan om liedjies te skryf en te komponeer. Met materiaal vir meer as drie albums, was dit kopkrap om te besluit watter liedjies hy op sy debuut album moes opneem. Aan die begin van 2003 stel Ben-G dan sy debuut CD getiteld “ ‘n Ander Wreld” bekend by die KKNK. Nie net hier nie, maar ook by die Gariepfees, Aardklop en by vele ander kleiner musiekfeeste en byeenkomste vind sy stem en unieke musiekstyl aanklank. Soos in sy debuut album, kom die meeste van die liedjies op sy tweede album ook uit Ben-G se eie pen. Hy dra die CD op aan almal, wat net soos hy, lief is vir die Afrikaner kultuur. Een van sy eie liedjies – “Ooh Aah Bokka” het binne twaalf dae op Radio Overvaal Stereo se Top-20 verskyn en klim tot in die eerste posisie binne ses weke. Hy pas maklik sy vertoning aan om die gehoor op die punte van hulle stoele te hou en dit is persie net wat hy die 18de Februarie in Klerksdorp gaan doen. Ben-G en ‘n paar onbekende kunstenaars gaan Klerksdorp vertoning gee wat hulle lank laas so gaan geniet. Die vertoning vind in die Klerksdorpse Ouditorium om 18:30 vir 19:00 plaas en beloof om ‘n onvergeetlike nag te wees, met die ridders van die musiek bedryf wat ook verteenwoordig gaan wees. ‘n DVD gaan gemaak word van die vertoning wat ‘n deurbraak vir Klerksdorp sal wees. Kaartjies is beskikbaar by Ink Road event, Ben-G Studio en Yourcity en koste beloop R 50 vir volwassenes en R 25 vir kinders. Ben-G skenk ook van die opbrengs aan die Daphne Lee Sentrum vir Volwasse Verstandelik en Liggaamlik Gestremdes in Klerksdorp.
Yourcity gee vier kaartjies weg na die vertoning asook Ben-G
se tweede album wat die aand van die vertoning geloods sal word.
Om kaartjies en die CD wat self deur Ben-G geteken is te wen sê
vir ons waar die vertoning gaan plaas vind. Jy kan jou antwoorde
stuur na news@yourcity.co.za of skakel 018- 468 8883. |
|||
|
|
|||
|
Valentines Day is just around the corner and this year Yourcity is hosting a valentines competition. The competition is open for all couples that think they can win the title of the most romantic couple of 2005. All you need to do is send us your photo and a short story explaining why you think you are the most romantic couple. The winners will receive a weekend stay at the romantic St. Andrews Guest House and Restaurant which is known for their romantic rooms with a luxury two seater Jacuzzi. St. Andrews Guest House and Restaurant is also hosting a romantic valentines evening on the 14th of February where you and your loved one can enjoy a romantic candle-lit, three course dinner for just R 90 per couple. Bookings are essential and can be placed at Tel: 018- 468 7272. If you think you got what it takes, drop your entry form and R20 entry fee off at the offices of Yourcity on the corner of Platan & Smit. Entries close on the 10th of February and winners will be announced in the 17th of February edition for Yourcity. For more information or queries phone 084 702 3499. Come on what are you waiting for! |
|||
|
|
|||