| TOP | ||
|
|
Pages
1
2
3
4 5
6 7
8
9 10
11 12
13 14
15 16
17 18
|
|
|
Highveld Lion Krieket klub besoek skole
Spelers van die Highveld Lion Krieket klub het op Dinsdag 10 Augustus ‘n paar skole in die Klerksdorp omgewing besoek.
Klerksdorp wat die grootse besoeker van die Noordwes krieket Stadion is, het die spelers met ope arms ontvang.
Van die Hoërskole wat die Highveld Lions besoek het was onder ander: KHS, Wesvalia en Brothers College. Laerskole het ingesluit; President, Saamtrek en Unie. Klinieke is by President en Unie aangebied waar die gesoute spelers spesiale advies vir die leerlinge gegee het. Die doel van die uitstappie was om die jong kampioene en sterre van môre die geleentheid te gee om hul openbare optrede te oefen en te leer om met die publiek te werk. Verder was dit ook vir die spelers ‘n geleentheid op terug te ploeg in die gemeenskap en eerstehands vir hul opvolgers te vertel waaroor die sport van krieket gaan.
Werner Coetzee ‘n ou KHS’er wat vir drie jaar O/19 SA Skole gespeel het asook ‘n jaar vir die NW Drake, het ges dat die kuiertjie aan Klerksdorp baie goed georganiseer was, die program volgens skedule verloop het en dat daar baie goed na hulle omgesien was. Werner Coetzee het onlangs by die Highveld Lions aangesluit en die seisoen sal in Oktober begin.
Die spelers en CEO van Sedgers NW Krieket stadion (Jacques Faul) wil van die geleentheid gebruik maak om Klerksdorp, hul borge , die hoofde en ;eerlinge van die betroke skole en SPUR (vir Middag eete) te bedank vir hulle welkome ontvangs en ‘n uiterse suksesvolle dag.
Lank lewe Krieket......... Pam Golding Klerksdorp aangewys as rookie van die jaar
Sandra Foley (regs), prinsipaal van Pam Golding Eiendomme in Klerksdorp is onlangs by die Royal Livingstone Hotel in Zambia aangewys as Pam Golding se “Rookie van die jaar”.
By haar staan Louise Lombaard (links) wat spog met haar trofeë wat sy ontvang het as die beste onderhandelaar in die Sentrale Streek.
Sy is ook genomineer vir ‘n trofeë as die agent wat die meeste eenhede in dié streek verkoop het. Louise is ook ‘n Gold Club - lid.
Die Kankervereniging is dringend op soek na vrywilligers om behulpsaam te wees met die ondersteuning en versorging van pasiënte in die KOSH area.
Vereistes behels mense wat toegewyd is en in besit van hul eie vervoer is. Persone wat ‘n verpleegagtergrond het, sal met ope arms verwelkom word. Dit is egter nie ‘n vereiste nie, want opleiding sal verskaf word.
Opleiding word vir die 2de en 3de September 2004 beplan en is gratis. Die sperdatum is 27 Augustus 2004.
Om u plek te bespreek, kontak asb. vir Vyvyenne by Tel: (018) 484 4299 of (018) 484 3993.
Cansa benodig ook dringend persone om behulpsaam te wees in hulle winkels in Stilfontein.
Belangstellendes kan bg. persoon kontak. Geen sperdatum nie. |
||