| Top | ||
|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
9 10
11 12
|
|
|
It is a 'cut and dried' matter. The city's municipality, previously known as Klerksdorp Municipality, will forthwith be called Matlosana. There have also been a number of changes in road and street names, all of which fall within the jurisdictional boundaries of the Council. For some, these changes mean an exciting future, while for others, it brings back a pang of nostalgia, but nevertheless, the decision is final, and the changes are currently taking place. “Don't incur unnecessary expenditure on relevant stationary like letterheads for the moment. Instead, wait until your stocks are depleted and on re-ordering from your printer, make the necessary changes”, reassures Sandy Botha, Divisional Head of Marketing, of the city council. A list of street names which have changed, can be found on page 11, the old name followed by the new one. Die Roos is weer terug in die Roosfees In 'n poging om die Roosfees, wat vir 'n paar jaar nie plaasgevind het nie, te laat herleef, word die Roos weer terug gesit in die ABI Roosfees Mardi Gras wat in Stilfontein plaasvind op die 28ste en 29ste Oktober. Dit word gedoen deur 'n Guinness World Rekord poging aan te pak waar gepoog gaan word om soveel as moontlik benaamde varieteite onder een dak te plaas. Dit gaan 'n skouspel wees! Tans is daar nog geen so rekord op die Guinness boeke nie. Die roos is vir eeue al 'n belangrike simbool. Waarskynlik 'n inboorling van die noordelike halfrond, waar die kweek van rose waarskynlik so lank as 5,000 jaar gelede al in Sjina en wat vandag as Pakistan bekendstaan, begin het. Sedertdien is dit regoor die węreld heen deur setlaars en immigrante versprei, waar dit aangepas het by die nuwe omstandighede, en floreer het. Nou is dit die węreld se mees geliefde blom, en hierdie merkwaardige varierende spesie het 'n ryk en kleurvolle geskiedenis. In die Romeinse era, byvoorbeeld, was dit as 'n simbool van sukses beskou, soveel so dat landbouers onder die wanindruk verkeer het dat dit meer winsgewend was om rose te kweek as graan, met drastiese nagevolge. In die Middeleeue het koningshuise begin om rose as deel van hulle embleme te verewig, met Edward I van Engeland wat in 1272 alreeds 'n goue roos as sy persoonlike simbool gekies het. Vandag is dit onomstrede die węreld oor,'n simbool van liefde. Die alombekende Ludwig Taschner van Ludwig's Rose het ingestem om hierdie poging aan te pak saam met Kindersorg SA: Stilfontein en die Stad van Matlosana. Hulle het aangebied om voorbeelde van oor die 600 roosvarieteite te verskaf om ten toon te stel tydens die fees. Daar sal amper 2,000 rose onder een dak wees, en dit beloof om 'n gesig der gesigte te wees. Stilfontein staan al jare bekend as die Roosdorp, en met die poging, hoop die dorp om weer op te lewe na die titel. Planne is in die pyplyn om in 2006 ook 'n Matlosana Roos bekend te stel en verskeie opsies vir die roos word alreeds oorweeg. Vir meer inligting oor hierdie poging en al die ander aktiwiteite wat tydens die fees gaan plaasvind, of oor hoe jy kan betrokke raak by die roosfees wat plaasvind ten bate van Kindersorg SA: Stilfontein, kan Pieter geskakel word op 072-452-6258, of Annette gedurende kantoorure op 018-484-7056, of bespreek jou stalletjie by Leon op 082-397-2893. |
||
|
|