| Top | |||
|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
|
||
|
|
Stilfontein se Partytjie van die Jaar -’n Middeleeuse Fees Temapartytjies! Ons sien hulle gereeld op 7de Laan. Is KOSH reg vir 'n temapartytjie? Wat gaan die mense van my sê as ek met my groen “tights” aan as 'n wafferse Robin Hood by die partytjie opdaag? Gelukkig troos ek my daaran dat daar ander ook gaan wees. Ander wat ook bereid is te deel in die pret. Maar hoekom? 'n Tema partytjie is a prettige alternatief vir die meer konserwatiewe formele dinee, en blaas 'n bietjie lewe in 'n groot ete waar vreemde mense gedwing word om interaksie met mekaar te hê. Dit is 'n gelykmaker in dat almal op 'n lekker manier ongemaklik voel vir 'n goeie doel. Die Stilfonteinse tak van Kindersorg SA, in samewerking met Country Caterers, bied 'n middeleeuse fees aan om die ABI Roosfees Mardi Gras af te sluit. En wat 'n partytjie gaan dit nie wees nie. Kom soos jy wil (party van ons is maar nou net nie mans genoeg om ons name met ‘n plank te slaan nie), maar mense word aangemoedig om volgens die tema aan trek, en die bes geklede paartjie (volgens tema) staan 'n kans om 'n lekker prys te wen, daar is ook verskeie ander kleiner prysies wat toegeken sal word. Besighede soos die Stad van Matlosana, ABI, Cargo Motors en ander daag alle ander besighede uit om meer kaartjies as hulle te koop. Elk van bogenoemde het alreeds 10 kaartjies elk (of dan 'n tafel) gekoop, en gaan ook volgens die tema aantrek. Die gewilde Tobi Jooste en die Potch Mannekoor gaan kleurvolle klank aan die aand verleen, en 'n veiling van verskeie items gaan plaasvind. Kosgewys gaan daar geregte so reg uit die middeleeue wees waaraan mense hulle kan verlustig. Feeste in die middeleeue was 'n jolige affere met hofnarre, musikante en 'n oorvloed in kos. Sout was nie 'n algemene kommoditeit nie, en veral die laer klasse moes by die koning of gasheer pleit vir 'n bietjie sout om meer smaak aan hulle kos te gee. Kos is met die hande geëet uit hout- of metaalborde, en wyn is uit hout-, silwer- of keramiekkelke gedrink. Jolyt en luidrigtigheid was aan die orde van die dag. Selfs die diere het baatgevind by sulke feeste, deurdat die bene sommer oor die feesgangers se skouers gegooi is en die honde dit sommer net daar opgeskraap het. Ons belowe egter dat ons nie met ons middeleeuse fees dít sal doen nie. Maak julle harte en beursies oop vir hierdie spoggeleentheid. Kaartjies is beskikbaar deur Mariska gedurende kantoorure te kontak op 018-484-3571. Kostuums kan gehuur word by Rhythm Wear op die hoek van Lombard en Van Riebeeckstrate in Potchefstroom. 'n Spesiale afslagprys is met hulle onderhandel neem net jou kaartjie saam.
Vir meer inligting
oor die Roosfees, kan Pieter gekontak word op 072-452-6258 of
Annette gedurende kantoorure op 018-484-7056. Of hou die Your
City van 27 Oktober dop vir die terreinplan en program. The preparations for the launch of the official opening of the Klerksdorp Transport Museum project in February 2006 are firmly on track. The theme will be centred on our country's democracy. The premier of the North West province has consented to sufficient funds for this venture and interviews will be held with anyone who could render their services. Sarah Haines from Gauteng is an authority in the field of heritage preservation and exhibitions. She has done a graphics presentation of what the end product would entail. Under the guidance of the project manager her expertise is being utilized together with the endeavours of all others involved in planning for the realisation of this significant occasion. During discussions at a meeting held on 14 October it was again emphasised that quotes for supplies and services of local businesses and suppliers would enjoy preference in the development of this project. All related advertising and printing is held as an example. One of the city's graphics entrepreneurs who attended will also give a quote for the manufacturing and mounting of the graphics decor. Any inquiries can be directed to the museum at (018)4626699 |
||
|
|
|||