|
|
Pages
1 2
3 4
5 6
7 8
9 10
11
12 - Click on a Article or Advert Below-
to View.....
|
|
|
Eerste been van kampioenskappe Laerskool Saamtrek se atlete het op Donderdag 9 Februarie aan die eerste been van die Klerksdorp kampioenskappe deelgeneem en is met drie prag-prestasies daar weg.Hoërskool Klerksdorp blink uit op krieketvelde “As daardie man sê dis 'n vier, dan is dit 'n vier. Oom kan hom maar glo: hy is 'n kerkman! Hierdie staaltjie oor Johan Mostert, oud-Hoërskool Klerksdorp-krieketspeler, is maar een van talle wat skeidsregter, mnr RD Liebenberg in herinnering geroep het by die skool se krieket prysuitdeling verlede week. Liebenberg het as gasspreker opgetree by hierdie geleentheid, waar Tianne Mostert, Johan se jonger broer, as krieketspeler van 2005 bekroon is. KHS het ook weer die geleentheid gehad om te spog met die Noordvaal-trofee, wat juis deur die span waarvoor Tianne gespeel het, gewen is, asook die Bambergerskild as Noordwes kampioene. Nog individuele prestasies is die 5 paaltjies vir 6 wat Gert Hoffmann teen Hoër Tegniese Skool Middelburg, geneem het, en wat hom die houer van die Goetz-trofee maak. Dirk van Staden is bekroon as die belowendste junior krieketspeler en Niël Bredenkamp as die belowendste senior. Johan Grobler, Willie Erasmus, Rhyno van der Westhuizen, Dirk Visser en Tianne Mostert ontvang ook erkenning vir honderdtalle wat hulle gedurende die seisoen gemoker het. Die Eerste Span van 2005 se twee afrigters, mnre Gert de Beer en Petrie Coetzee, het ook elkeen 'n trofee ontvang, spesiaal ontwerp en gemaak deur mnr Gert Venter, om hul droomseisoen te onthou. KHS se Eerstes en O/15A-spanne speel tans in die Super 8-kompetisie.
Netbalspelers woon kursus
by |
||