Top
 

 

 Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16

 
 
 

 

 

Oranje Toyota Klerksdorp doen dit al weer!

By Toyota S.A. se Dealer Awards wat Woensdag 7 Februarie te Kyalami Kasteel in Johannesburg plaasgevind het Toyota Klerksdorp skoonskip gemaak met pryse .

Hulle het die President toekenning ontvang wat toegeken word aan die handelaar vir die beste in hul kategorie nasionaal.

Oranje Toyota het ook met die Toyota “Touch” toekenning weggestap. Die toekenning word toegeken aan die handelaar met die hoogste klante tevredenheid nasionaal vir 2004.

Oranje Toyota het ook vier sertifikate ontvang vir die beste handelaar in hul kategorie vir finansieël, kliente na diens afdeling (Werkswinkel), Automark en nuwe voertuie.

Vir hulle uitstekend prestasies en harde werk deur die jaar, ontvang Sarel Schutte, Pieter Venter en Johan Meintjes elkeen ‘n volbetaalde vakansie na Egipte vir sewe dae met hul gades.

Oranje Toyota het ook PMR se toekening ontvang op 7 February 2005. Nie net ‘n toekenning nie maar die “Diamand Arrow” - die hoogste eer in die besigheids sektor. Verskeie maatskappye het toekennings ontvang met die ontbyt gehou te Tusk Casino Mafikeng. Oranje Toyota het in die motor verskaffer kategorie die eer ontvang.

Dit is net weereens ‘n bewys dat u kan staatmaak op Oranje Toyota Klerksdorp vir goeie kliëntediens.

Oranje Toyota se personeel bedank al hul getroue kliënte vir die getroue ondersteuning wat bg. Toekenings moontlik gemaak het.

Baie dankie - Oranje Toyota Klerksdorp

Back to Top