|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
|
||
|
Noordwes Krieket bied aan “wicked cricket” Chanél Boshoff Hierdie week blaas die huidige krieketseisoen in Potchefstroom sy laaste asem uit met die VroueKrieket Węreldbeker 2005 se semi-finale en `n Pro20-wedstryd op Sedgars Park. Volgens mnr. Bazil Clarke van die Noordwes Krieketassosiasie word die twee semi-finale westryde op 5 en 7 April gehou. Dit word regstreeks op SABC 3 uitgesaai. Toegang is gratis. Die vier spanne wat deurgedring het is dié van Australië, Engeland, Indië en Nieu-Zeeland. Suid-Afrika kon ongelukkig nie hul weg oopsien na die semi-finaal nie. Die twee wenspanne sal op Sondag, 10 April, in Centurion by Supersport Park teen mekaar om die gesogde titel meeding. Die Standard Bank Pro20 Reeks maak ook `n draai by Sedgars Park. Om 14:30 op 10 April speel die Highveld Lions - `n kombinasie van Noordwes en Gauteng teen die Goodyear Eagles. Laasgenoemde is die vorige kampioene. Die wedstryd word in drie ure afgelę, aangesien daar slegs 20 boulbeurte vir elke span is. Daar is meer aksie (in die vorm van 4'e en 6'e) as in die geval van tradisionele krieket. Die eerste duisend toeskouers ontvang elk `n komplimentęre harde hoed. Daar sal ook vermaak wees soos `n opwindende sms-kompetisie waarin die prys `n uur se ontspan in `n jacuzzi is. Die gebeurtenis geniet ook regstreekse mediadekking. “Die kwaliteit van krieket sal baie goed wees,” sę mnr. Clarke. Meiringspark Laerskool Bulletjie Rugby ‘N Groot bulletjie- en mini- netbal dag word gehou op 9 April 2005 te Westelikes vanaf 07h00. Baie eetgoed en stalletjies is beskikbaar. Die hele oggend word net aan kinders toegewy en vanaf 14:30 word senior rugby wedstryde gespeel. Stokperdjie stalletjies is welkom.Die dag word aangebied deur Meiringspark Learskool. Kontak Aloma op 083 631 4255 vir meer inligting. Meer foto’s op www.yourcity.co.za Tydens die afgelope naweek se 4x4 Nasionale Kampioenskappe was daar beslis geen tekort aan opwinding nie. Die goeie rëen van die voorafgaande week het gesorg vir 'n baie moeilike baan wat man en masjien tot die uiterste getoets het. Deelnemers het egter nie terug gestaan om die uitdaging te aanvaar nie en het weereens gewys hoe word dinge gedoen. Die uitslae het soos volg daarna uitgesien :
Meer foto’s op www.yourcity.co.za. Die 1ste rubberboot Węreldbeker is in Oos Londen te Gonobie en Orient strand vanaf 21 27 Maart 2005 aangebied. Die Węreldbeker toernooi het in 'n Formaat van drie afdelings plaasgevind nl. 'n afstand wedren oor 130km, twee dae van Surf-circuit wedrenne in die branders en twee dae van circuit wedrenne in die hawe. Die toernooi wat hoofsaaklik deur Suid- Afrikaners oorheers is, is dan ook gewen deur Suid-Afrika met UK in die 2de plek en Namibia in die 3de plek. Die twee Klerksdorpers, Phil Louw en Big Boy van Wyk, in die Danlou/Nebraska Spur boot het ook die węreldkampioene geword in die circuit racing en het die laaste twee dae van die toernooi oorheers met sewe 1ste plekke in sewe wedrenne. Die span van Danlou/Nebraska Spur het 'n algehele 3de plek behaal met nog twee Suid-Afrikaners, Stephen Lindeque en Danie Havenga in die algehele 1ste plek en Mike Hatting en asst-drywer in die 2de plek. Die Namibiese span het 'n algehele 4de plek behaal. Nog 'n verdere prestasie van die Danlou-span is dat asst-drywer, Big Boy van Wyk, aangewys is as die beste asst-drywer van die Węreldbeker toernooi. Tot en met die volgende Węreldbeker wat moontlik in UK kan plaasvind sal Suid-Afrika die kroon dra as die węreld se bestes in rubberboot wedren. |
||