|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
9 10
11 12
|
|
|
KRAG! Spoed! Adrenalien! G-Force! Formule Een Kragbote! Dit alles spel die gebeurtenis van die jaar in Klerksdorp met hoofletters. 'n Gebeurtenis wat self mense van anderkant Potchefstroom en ander buurdorpe lok, met 'n verwagte bywoning van ongeveer 21000 mense. Ja, jy mag dit nie mis nie! Hierdie SPECTACULAR EVENT beloof om een van die grootste geleenthede te wees wat jaarliks aangebied word. Verskeie besighede in Klerksdorp het reeds 'n geweldige klomp geld, tyd en energie in hierdie byeenkoms gestort om van dit die beste te maak. Die Bosch-groep het in samewerking met Nic`s Diesel, Car Service en Diesellec deel geword van een van die hoofborge en wil graag die publiek uitnooi om met die vriendelike personeel wat u altyd sal kry by enige van hierdie besighede, te kom kennis maak. Kyk uit vir die Bosch logo, jy kan dit nie mis nie! PSA is 'n groep wat in samewerking en ondersteuning van die lotto en Pieter Lindenberg, 'n formule een boot kampioen aan kinders uit alle rasse die geleentheid bied om deel te neem in so 'n wedren. Diessellec het die voorreg geniet om nie net ook hul ondersteuning te gee nie maar selfs betrokke te raak by die opleiding daarvan in samewrking met die span van PSA en Marius Niemand. Kom kyk gerus hoe hierdie jong kinders mekaar die stryd aan sę, waarvan daar boonop nog meisies ook is. Ouers wat nog nie vrywaringsvorms voltooi het nie moet asseblief onverwyld met menere Marius Niemand of Frans Erasmus in kontak kom. Dit gaan tragies wees as u kind a.g.v 'n klein tegniese probleem nie toegelaat gaan word om deel te neem nie. Graag wil ons aan die volgende individue en instansies dankie sę wat gereeld en sonder enige vergoeding ingespring en gehelp het. Die PSA span Moses en Joe; Marius Niemand, bekende sameroeper en aankondiger wat by bykans enige plek waar spoed betrokke is, teenwoordig is; die Diesellec span Frans Erasmus, Gideon Niewenhoudt, Boats Botes, Quintus Erasmus, Rihan Serfontein en Etienne Louw. Dankie ouens, julle is 'n puik span manne. Louis Jordaan van Underwater Gangsters Inc, eienaar en duikinstrukteur wat gehelp het en die reddingspan voltallig gemaak het. Dan kan ons nie anders as om 'n paar individieule ouers te bedank nie; Gavin van Niekerk en Frans Jooste, hierdie twee ouers het ingeklim en as daar 'n bootjie breek, het hulle dit reg gemaak, as daar 'n instrukteur kort dan is hulle daar; as 'n bootjie water ingekry het is hulle daar, hulle is eenvoudig net altyd teenwoordig. Baie dankie aan beide van julle. Sien julle almal by die waterfees! WILL YOU BE THERE? |
||