|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
9 10
11
12
|
|
|
LAERSKOOL MEIRINGSPARK BIED GROOT DAG AAN VIR KLEIN MENSIES Die voorsitter van die Welpie Rugby, Mnr Frans Ivens en die voorsitter van die Mini-netbal Me Marlene van Heerden is baie in hulle noppies met die groot sukses wat behaal is met die Welpie en Mini-netbaldag wat gehou is op 9 April 2005. Die dag het afgeskop met 'n spog-ete vir al die voorsitters en afrigters. Altesaam 15 skole het aan hierdie dag deelgeneem en daar was in totaal 659 deelnemers van Gr R tot Gr 2. Die dag was ook gekenmerk deur uitmuntende ouerondersteuning en hulp. Die rugbyvelde by die Klerksdorp Buiteklub was ingedeel in 3 velde nl. Loftus, Ellispark en Nuweland die Mini-netbal het ook verskillende bane gehad nl. Buttercup, Blossom en Bubbles dié idee het goeie byval gevind. Die dag was 'n toonbeeld van toewyding deur die ouers en afrigters deurdat die van Welpies van Meiringspark net 2 wedstryde uit 15 verloor het.
NORTH WEST
CRICKET ASSOCIATION GOLF DAY: OVERVAAL PRIVAAT SKOOL TOPPRESTEERDERS Voor (Van Links): Kobus le Roux - Gr.4;
Leandri Havenga Gr. 10; Muller du Plooy Gr.6; Elaine van Tonder
Gr.7. L/S Saamtrek se O/13A netbalspan het `n
baie suksesvolle toer na die Paarl gehad en het met groot
verwagtinge vir die plaaslike seisoen teruggekeer. Die spanlede met hul goue medaljes en die trofee wat deur die kaptein, Stefan Kritzinger vasgehou word. Die O/11A rugby span wen die HP-Week
toernooi te Potchefstroom met die volgende uitslae: Vs Zeerust
wen 36-0, Vs Parys wen 31 -5, Vs Dagbreek wen 22- 0, Vs Goudkop
wen 22-0,Vs Mooirivier wen 10 -7 (Finaal) Die eerste netbalspan eindig eerste in hul poel tydens die super 16 Medium skole en ons verwag dat hulle ook goed sal vaar in die liga van jaar. Die Wessies het aan die Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskappe deelgeneem en hulle knap van hulle taak gekwyt. Van links na regs is Jaco King, Lani van Heerden (hoogspring m 18jr - 4e) sy is nog o/17, Ilana Kriel, Hannes Grobler (Skyfwerp s 18jr - 4e), Ilze Pretorius, Loet van Rensburg, Jadri Fourie, (nog o/14 en verwerf 'n silwer medalje m 15jr in verspring), en Riandi Booysen. Die eerste rugbyspan van Wesvalia het as
wenners uit poel getree tydens die Super 16 medium
skolekompetisie en het Saterdag in die kwart finaal ook gewen
teen Hoërskool Grenswag. Drie van Wesvalia se rugbyspanne speel
uit vir posisie 1 tot 4 vanjaar, so die Wessies sien uit na die
finaal. Wesvalia het verlede jaar met een punt algeheel teen
Hoërskool Standerton gewen. André die hipnotiseur het onlangs by Wesvalia gekuier en die foto's is 'n bewys dat dit waarlik 'n genotvolle aand was en dat sy optredes beslis nie 'n foefie is nie. |
||