Top

 

 Pages 1 2 3 4 5 6 7 8

 

 
 
 

KHS vat alles by SA’s

KHS se spankaptein Izelle van Antwerp wen 'n brons medalje by die SA's in die 3000m hindernis.

Melicia Ebersohn het Noordwes klere verwerf met tennis en is tans Noordwes Junior 0/14 Meisies Tenniskampioen.

Sy gaan vanaf 22-27 April aan die Interpro Tennis kampioenskappe te Bloemfontein deelneem.

JP van der Schyff spring 2,05m hoog vir 'n silwer medalje by die SA's.

Tazmin Britz die beste junior veldatleet by die SA's.

“Klerksdorp Trompoppie” het 2 uit 3 van hul trio's eerste plekke behaal.  Hulle het in die twirling flag  afdeling 'n eerste plek behaal.  Hulle het ook in die bubble vlag 'n eerste plek behaal.  SA's HIER KOM ONS!!!  Esmerelda van Rensburg,  Carlentia Roux,  Cherie du Plessis

 Back to Top

SIMFONIA JUVENTI JEUGORKES

Die Simfonia Juventi Jeugorkes bestaan uit 95 lede wat gekies word uit 5 provinsies.  Die KHS'ers wat orkeslede is, is Rozanne Botha (viool) Danie Krizinger (tjello) en Kobus Dippenaar (viool).

Hierdie jong Musici het in die afgelope April-vakansie hard gewerk om 'n baie besondere program aan te bied, bestaande uit trompet, Kontrabas, klavierconcertos, Beethoven se Pastorale Simfonie en die Wilhelm Tell ouverture.  Die orkes tree op Saterdag 21 Mei om 18:30 in die ouditorium van die stadsaal op.  Kaartjies is beskikbaar by die Kultuurkantoor en by Hoërskool Klerksdorp.

 Back to Top

Matriek maal drie!!!

KHS se enigste drieling, die drie Visser-meisies gaan vanjaar, aan die einde van hul skoolloopbaan, matriekafskeid toe maar beslis nie in drie enerse uitrustings nie!

Deur die jare het elkeen hul eie smaak ontwikkel en daar is beslis nie sprake van enerse aantrek nie.  Elkeen het ook hul eie vriende en volg hul eie vakkeuse.  Amorie, Monique en Helouise het die afgelope vyf jaar rustig  en suksesvol  deur hul hoërskoolloopbaan gegly en is aldrie van plan om volgende jaar verder te gaan studier, waarskynlik ook aan dieselfde universiteit.  Net daar hou die ooreenkoms egter op, want terwyl Amorie en Monique in die Ekonomiese Wetenskappe belangstel, sien Helouise haar toekoms eerder in 'n natuurwetenskaplike rigting.

Al verskil hul ontspanningsdrag is die drie meisies in hul skooldrag nogal 'n ander saak en is daar beslis onderwysers wat die drie steeds nie uitmekaar ken nie.  Hulle beweer egter dat hulle nooit rolle omgeruil het nie  glo te bang hulle word dalk uitgevang!!

 Back to Top

Hoërskool Klerksdorp bied aan

Michelin Premier Plus Sportreeks
Vir Top Hoërskole
Gerugsteen deur Tukkies
23 April 2005
08:00-17:00
Telbord geborg deur ABI.

 
 

Back to Top