| Top | ||
|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
|
|
|
Kindersorg bou reuse hamburger Het jy al ooit gewonder hoe lyk 'n burger wat een ton weeg? Jy het reg gelees, ja: een duisend kilogram. Hoeveel slaai vat dit om so 'n hamburger te garneer? Tamaties, mosterd, uie? Wel, dis tyd om uit te vind. In 'n bewusmakingsveldtog gaan Kindersorg SA: Stilfontein, in samewerking met Radio Overvaal, 'n reuse-hamburger bou waarvan die frikkadel alleen 1 ton sal weeg. Volgens skatting sal die finale hamburger 'n deursneë van 6 meter hê en sal dit omtrent 'n halwe meter hoog staan. En hierdie hamburger gaan boonop al die trimmings van 'n gewone hamburger hê. Die bou van die hamburger is 'n poging van Kindersorg SA: Stilfontein tesame met plaaslike besighede. Volgens Leon Pienaar, Voorsitter van Stilfontein se tak vir Kindersorg en dryfkrag agter die hamburger, is dit die perfekte geleentheid om aan die gemeenskap te wys dat Kindersorg oor veel meer gaan as net om kinders uit hul gesinne te verwyder en in kinderhuise te plaas. Die poging vind plaas as 'n oefenlopie vir 2006 wanneer Stilfontein 'n poging gaan aanwend om die grootste hamburger ter wêreld te bou en sodoende hulle naam in die Guiness Book of Records te verewig. Die huidige rekord staan op 2.74 ton met 'n deursnee van 7.32 meter en is in September 1999 in Montana opgestel. Die langtermyn doelwit van die hamburgerbou-projek is ook om aandag te vestig op die opkomende Roosfees/Mardi Gras wat in die laaste week van Oktober plaasvind en op die 29ste van daardie maand ten einde loop. Hou gerus die pers dop vir meer besonderhede. Die gebeurtenis sal die naweek van 19 en 20 Augustus op die sirkel by die Three Fountains Hotel (waar Stilfontein- en Hartbeesfonteinweg mekaar kruis) plaasvind. Die hamburger sal verkoop word en as daar enigiets oorbly, sal dit aan 'n plaaslike welsynsorganisasie geskenk word. Vrywilligers wat wil betrokke raak by hierdie interessante projek kan gerus vir Leon skakel by (018) 484 5782. |
||
|
|
||
|
|