|
Pages
1
2 3
4 5
6&7
8
9 10
11 12
|
||
|
AVBOB, together with the city's welfare department, held a charity event for some of Kanana's disadvantaged residents. A Freedom Day celebration was organized to deliver food and blankets to those in need. The Mayor addressed the audience and a Gospel group provided some lovely entertainment. Over 100 hampers were distributed to deserving families, and bags of maize meal were handed out to the disabled. An enormous thank-you goes out to AVBOB, Holyland Marketers, Overland, Pep Stores, Top Star Maize, Theba Bank, Imana Soya, Sasko Sam Bread, Coca-Cola, Papa Maize Meal, Champion Tires, and the City Council. These sponsors helped to make a difference for many Kanana families. Lisa Rivett Elegant stories told via expressive movements came to life at the Klerksdorp Auditorium. Hospice North West brought the Ballet Theatre Afrikan to Klerksdorp last week. Despite rather long delays that resulted in a very restless audience, the dancing itself was captivating. Audience members were treated to three pieces by the ballet ensemble. “Sollopa”, a piece choreographed by Chris Kindo, was the highlight of the evening. It was a theatrical ballet that told the story of a Sangoma who casts a spell over a local girl. The audience was brought into a mythical world through the expressive movements of the dancers. This beautifully choreographed piece showcased the abilities of the dance company. The show ended with “Ushinto”, a signature piece for the Ballet Theatre Afrikan. This movement stylized the evolution of the ANC's freedom struggle. It was a very uplifting, and enjoyable interpretation of South Africa's struggle for freedom. Overall it was a wonderful show, one can only hope that next time there will be more dancing and less waiting. ZEPHYROS JAARKONSERT 1 JUNIE 2005 Onder die dirigentstok van Nesco du Toit bestaan Klerksdorp se Zephyros Jeugblaasorkes al AGTIEN jaar! Vanjaar het die orkes 45 lede - afkomstig van verskillende skole in die geweste. Op 1 Junie 2005 (om 18:00 vir 18:30) is dit weer tyd vir die orkes se jaarkonsert. Dit word in Klerksdorp se Banketsaal gehou. Gaste word versoek om hul aandetes, peuselhappies en drinkgoed saam te bring en die aand saam met die orkes te kom geniet. Kaartjies kos R30 per persoon en is verkrygbaar by Martie Pozyn. Kontak haar by 083 4877211. PUK prof ontvang Stals-prys vir maatskaplike werk Prof. Herman Strydom, hoof van die maatskaplike werk departement by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is aangewys as die wenner van die Stals-prys vir maatskaplike werk. Die toekenning is deur die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom gemaak. Dit sal op 24 Junie vanjaar in Pretoria aan hom oorhandig word. Die prys word tweejaarliks toegeken vir die publikasie van artikels van `n hoogstaande gehalte. Nog `n vereiste is dat dit in geakkrediteerde vaktydskrifte oor maatskaplike werk of verpleegkunde moes verskyn het. Prof. Strydom se bydrae handel hoofsaaklik oor MIV/Vigs en veroudering (gerontologie). Hy is sedert die jaar 2000 vakhoof van maatskaplike werk by die Pukke en doseer reeds `n volle agtien jaar. PUK Kultuurtoer vind weer plaas Die jaarlikse PUK kultuurtoer sal op 26 Junie 2005 afskop en tot 4 Junie duur. Plekke wat vanjaar besoek word, sluit verskeie besienswaardighede in die Wes-Kaap in. Die kostes hieraan verbonde beloop R1600. Vir verdere besonderhede skakel die volgende persone: Hita Coetzee - 0722072487; Micheal Kennedy 0723354221. Of skakel die kultuurkantoor by (018) 297 7521. “Klerksdorp se mensegee om, Dankie Klerksdorp se mense gee werklik om dit is my ervaring en daarvoor sal ek ewig dankbaar bly. Op 23 Maart 2005 omtrent 12h30, is ek aangeval op die hoek by die Pelser gebou waar vier mans het my probeer beroof en met 'n mes twee keer gesteek het. As dit nie was vir die beskerming van die Here, die dame in die rooi VW Caravelle wat gestop en haar toeter geblaas het, Anna en haar man wat geskreeu het en die twee mans in die wit bakkie wat gestop en my te hulp gesnel het, dalk was ek nie nou hier om die brief te skryf nie. Vir die wat gebel en ondersteuning gegee het aan myself en my familie, ons waardeer dit baie. Spesiale dank aan die personeel van “Speedy 4 x 4” winkel, wat my ook bygestaan het. ' N mens dink dat dit nooit met jou sal gebeur nie, totdat dit met jou gebeur. Wees op julle hoede Klersdorp, dit kan.” -Kevin Weitsz |
||