|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
|
|
|
Slegs 10 modelle van Pageant Academy het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerendekunste in Rustenburg deelgeneem, maar het totaal oorheers. Die 10 dametjies het aan 4 verskillende ouderdoms kategorieë deelgeneem, in 4 verskillende style. Formele aanddrag, swemdrag, gemaksdrag en fotografie, 'n totaal van 16 style. Die medalje uitslag was soos volg: 9 Goud, 6 Silwer en 2 Brons Hierdie modelskool het as algehele wenners uit die stryd getree en was ook die modelskool wat die meeste goue medaljes ingepalm het. Dit het groot impak gehad in die modelkring en ouers van so ver as Nelspruit het navraag gedoen om hul kinders vir maandelikse klasse bring. Vier Modelle is ook in die SA span opgeneem: Deirdré Prinsloo, Sanet du Randt, Nadira Lakhi en Marilyn Ramos. Hierdie modelle vertrek einde Julie na Los Angeles om aan die Wêreld Kampioenskap van Uitvoerendekunste deel te neem. Dit is verseker 'n groot voorreg aangesien daar in 2004 slegs 2 modelle van Pageant Academy was wat Suid-Afrika in Amerika gaan verteenwoordig het. Albei die modelle het met weghol oorwinnings terug gekeer. Volgens ZeeDyson, afrigter, werk hulle intensief om die modelle voorbereid te kry. Hul verteenwoordig nie slegs die Model-skool nie, maar ook Klerks-dorp die Noord-wes Prov. en Suid-Afrika. |
||