|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8
|
|
|
Meer as 'n duisend jeugdiges het aan 'n optog ter bewusmaking van indiensneming en werkskepping in Klerksdorp deelgeneem. Die optog wat deel was van 'n nasionale African National Congress (ANC) Jeugliga opmars, het vreedsaam verloop. Jeugdiges het die hoop uitgespreek dat hierdie optog die hulproep vir werkskepping sal onderstreep. Die optog wat op Donderdag 9 Junie vanaf die oop stuk veld in Potchefstroomweg vertrek het, het sowat drie ure geduur en is gekenmerk deur polisie teenwoordigheid. Volgens van die jeugdiges by die optog, is sowat 60% van die bevolkingse jongmense, die meerderheid van hulle met kwalifikasies, maar geen werk nie. 'n Beroep is op die privaatsektor gedoen om hulle deure vir die jeug oop te maak, en hulle die kans tot indiensopleiding te bied. Jeugdiges het ook tydens die opmars op plaaslike en nasionale vlak, hulle ondersteuning vir Vise-president Jacob Zuma getoon. *Winter-prag: Die skone Maryke Oosthuizen (16) van Pageant Academy laat die winter-koue haar nie sommer afskrik nie. Dié jonge dame doen modelwerk vir die afgelope paar maande en beweer die gogga het behoorlik gebyt. Sy wil graag 'n internasionale loopbaan op die loopplank volg, op glastydskrfte węrelwyd se voorblaaie pryk en 'n rol of twee in 'n internasionale fim is ook glo nie te versmaai. |
||