|
|
Pages
1
2 3
4 5
6 7
8 9
10 11
12
|
|
|
KARATE MEESTER BESOEK KLERKSDORP Shihan Koos Burger (7de Dan), hoof van die Suid Afrikaanse Shotokan Karate Akademie, besoek Klerksdorp op Saterdag 10 September. Shihan Burger het geoefen saam met groot Karate meesters soos Sensei's Kase, Shirai, Kanazawa, Enoeda, Yamaguchi, Tanaka, Tambourini, Kawazoe, Naito, Kasuya, Koga, Kawamura, Sugimoto, Asai, Higaonna, en Ozawa. Enige shotokan karateka vanaf groen gordel, van enige organisasie, is welkom om die seminaar by te woon. Die opleidingsseminaar sal by Laerskool Goudkop aangebied word en belangstellendes moet om 09.30 aanmeld. U kan Annemarie skakel by 018 468 3468 vir meer besonderhede. Fred Kruger van KHS het 'n puik aflewering gegee en KHS se eerste span het hulle wedstryd teen Rustenburg Hoërskool gewen met agt paaltjies by ‘n onlangse wedstryd. KHS se dogters het onlangs aan die SA Landloop kampioenskappe te Bloemfontein deel geneem. Agter: Anel Pieters, Cherilee Jason, Christelee Jansen, Mnr Kieser Voor: Alexandra de Haas, Hellouise Erasmus, Anri Snyman en Judimé Kieser KHS se o/17 rugby seuns het skitterend gespeel teen Wesvalia in die PUK 0/17 Rugby Drie-Druk-Kompetisie. KHS het met 11 drieë teenoor 2 gewen. Laerskool Saamtrek het goed gevaar tydens die Klerksdorp Ad Artem kunsuitstalling. Lizaan Alberts (graad 7), Michelle Crafford (graad 7), Justin Kotze (graad 6), Jacques Kok (graad 6), R.G. Prinsloo (graad 6) en Michelle Crafford (graad 2) het almal toekennings ontvang. A League B League C League Mixed Social Games Inter Electron
Beat Samsung 2
112/108 |
||