Pages 1 2 3 4 5 6 7 8

 
   

KHS het onlangs hulle Matriek Afskeid gehou. Die dames, sowel as die mans het pragtig gelyk. Meer fotos beskikbaar op www.yourcity.co.za.
 

Frans Erasmus
Dis nie net toeskouers wat dol is oor alteet, Frans Erasmus van KHS, se mooi kuite nie  selfs 'n spinnekop het gemeen dit is dalk 'n smaaklike happie!  Net jammer hy kon nie bykom nie, en toe loop Frans se voet deur …
 

Die uiteinde van hierdie gastronomiese verhaal, is dat Frans toe kaalvoet aan die Meesters Wêrelkampioenskappe in Spanje moes deelneem, omdat sy voet te geswel was vir sy hardloopskoene.  Frans slaag nietemin daarin om  vyfde plek in die 100m, in 10'65 sekondes, en  vierde plek in die 200m, in 21,41sekondes te verower.  Die Kampioenskappe het van 22 Augsutus tot 3 September in San Sebastion, Spanje, plaasgevind.
 

Hoërskool Klerksdorp het Vrydagaand, 2 September, hulle leiers vir 2006 ingehuldig.  Tydens die geleentheid het Prof. Deon de Klerk as gasspreker opgetree en weereens beklemtoon dat jy slegs kan lei as jy bereid is om te dien.  Foto bo is skool hoofleiers:  Zunike Claassen, Onder Hoofmeisie, Anél Pieters, Hoofmeisie, Pierre van Niekerk, hoofseun, Eugene Cohn, Onder Hoofseun.
 

ESKOM WETENSKAP EXPO - Laerskool Saamtrek het twee leerders, Christene Grobbelaar en Chadrè Kruger, wat deurgedring het na die Eskom Nasionale Expo vir Jong Wetenskaplikes.
 

Laerskool Saamtrek se landloop-atlete het weereens hul staal getoon tydens die liga en vriendskaplike inter-provinsiale byeenkomste.
 

KHS se 1st Krieket span het onlangs vir Rustenburg Hoërskool uit die park geslaan en wen met 8 paaltjies.

 

 

 
   

Back to Top