Top

 

 Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 

 

 

 

MEJ. WESVALIA 

Sms jou gunsteling finalis se nommer na 083 271 6285,  of faks na 018 468 8883 / of e-pos na info@yourcity.co.za.

Tree dadelik op en stem nou vir jou gunsteling . Nog Finaliste op bladsy 2.
  

Back to Top

 FONDSINSAMELINGSKONSERT MET ITALIAANSE FLUITIS

 Die Italiaanse fluitis, Raffaele Trevisani, en sy begeleier, Paola Girardi, sal optree in 'n spesiale fondsinsamelingskonsert op 25 Augustus om 19:30 in die Konservatoriumsaal op Potchefstroom. The konsert word aangebied met die vriendelike samewerking van die Italiaanse Kultuur-instituut. Die opbrengs van kaartjieverkope sal gebruik word vir die daarstelling van 'n musiekbeurs. Die konsertprogram sluit verskeie virtuose werke vir fluit en klavier in deur Bach, Prokofiev, Kuhlau, Poulenc, en 'n fantasie op temas uit "Carmen".

Maestro Trevisani is een van die min studente van Sir James Galway en word aangerpys vir sy styl en musikaliteit deur beide kritici en konsertgangers. Hy het sy solo-loopbaan begin saam met I Solisti Veneti, en het al in belangrike konsertsale in Japan, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Europa, Rusland en Israel opgetree. Hy het verskeie fluitconcerto's aangevra en die eerste uitvoerings daarvan behartig, onder andere die Suid-Afrikaanse komponis, Hendrik Hofmeyr, se Concerto vir Fluit, Viool & Strykers saam met die Kamerorkes van Suid-Afrika. Hy het ook 'n aantal opnames vrygestel, insluitend die volledige werke vir fluit en orkes deur Mozart.  Besprekings vir hierdie spesiale konsert kan tydens kantoorure by die Konservatorium in Vanderhoffweg gemaak word.

 
 

Back to Top